– Amelia Genis

Natlei is lankal nie meer vir vrugteboere ’n opsie nie: Waterskaarstes vereis noukeurige besproeiing en deeglike monitering om optimale watertoediening te verseker. ’n Kenner bespreek die nuutste tegnologie wat vir boere beskikbaar is.

Boere kan die toediening van besproeiingswater volgens ’n vaste rooster doen, of wetenskaplike beginsels vir doeltreffende skedulering benut, wat geskied in ’n volgorde van “besproei, monitor, pas besproeiingskedule aan, herhaal”. Mnr. Tiaan Snyman, ’n grondkundige by die konsultasiemaatskappy Agrimotion, het op die sagtevrugtebedryfsliggaam Hortgro se besproeiingseminaar buite Franschhoek gesê die tegnologie en metodes wat beskikbaar is om besproeiingskedulering te monitor, verskil wat betref koste, tegnologiese gevorderdheid, die inligting wat dit verskaf en of dit vog in die grond, plante of die atmosfeer meet.

Please click here for the full article.